"Matiesous is hier om jou te verlos van die alledaagse sous wat jy soos 'n gewoonte misdadiger oor jou ma se kos bliksem. Met jare se ondervinding roer sy die ervare houtlepel waarmee jy kleintyd pakslae gekry het. 'n Nektar wat hoendervleis op jou tande gee. Hierdie moedersmelk is geskik vir uiters alles en boonop 'n alomheersende doktor vir die wingerdgriep.
Maak oop vir die treintjie. Jou ma se sous is hier om jou innerlik te bederf!"
Check out our other brands.